SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

EERSTE LIEFDE REEKS

Soos dit nou maar ook was en nog steeds is, is daar onder Afrikaans sprekendes altyd ’n plek vir aksie en ’n plek vir romanse. Dit was miskien waarom eerste liefde so ’n sukses was. Die eg menslike verhale het sekere herinnering opgeroep wat jyself al ondervind het, of jy het iemand geken wat ’n tipiese storieboek liefde beleef het. En onder ons mense was daar maar altyd die dromers en die wat gehoop het dat die eerste liefde die wonderlikste en standhoudendste was. Net soos ’n sprokiesverhaal wat altyd ’n gelukkige einde het. Eerste Liefde se sukses was daaraan toegeskryf dat hulle altyd mooi mense gebruik het. Die storie lyn was altyd opwindend en boeiend. Daar is verhale van haat en jaloesie, jong mense wat op ’n eiland gestrand raak en van mekaar afhanklik begin raak en dan natuurlik, die liefde wat dan begin blom het. Die sukses was ook grootliks te danke daaraan dat kru taal selde indien ooit gebruik was. Van eksplisiete seks was daar nie sprake nie. Die slim sinspelings het die verhale egter opwindend genoeg gemaak. Ander verhale was eg menslik, ’n meisie wat haar gesig verloor, maar die liefde wen aan die einde. Daar is gebroke huwelike waar nuwe geluk weer gevind word. Daar is ’n jong bokser wat beseer word en ’n nuwe lewe moes begin. Wat van ’n boer soek ’n vrou? Dit het in daardie tyd ook gewerk. Daar was jong mense wat hul lewens met motorfiets ongelukke verloor het en die ander helftes weer die stukkies van hulle lewens moes optel. Dwelms was ook in daardie al ’n probleem. In boekie nommer 104 sorg smokkelaars vir genoeg aksie.

Geen erkenning word aan enige skrywers gegee nie. In sommige gevalle word ’n aktrise hier en daar geïdentifiseer, bv. Lilli Randi in boekie nommer 103. Opvallend is dat baie Italiaanse name voorkom onder die wat geïdentifiseer word. Akteur At Botha in sy jong dae word in nommer 101 gesien. Fotografie en die verhaal lyne was deurgaans goed en van ’n goeie gehalte, (deur Koos Papenfus).

⭐ 20 Voorblaaie Gelys 📖 Fotoverhale
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

20 Items
#85 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Huiwerende hart
#91 Eerste Liefde

Eerste Liefde

My waaghals, my liefling
#92 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Vrug van haar boosheid
#93 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Vertrou net, beminde
#94 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Lied van die duine
#96 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Vier mense, drie liefdes
#98 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Die man met die wil
#100 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Die prik van 'n naald
#101 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Slavin van gister
#103 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Lied van die berge
#104 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Eers die diep waters
#106 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Terug na Della Rosa
#107 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Haar suster se kêrel
#108 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Vir haar 'n nuwe more
#109 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Vier harte, hoeveel liefdes
#110 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Hart van die vegter
#112 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Gister is vergewe
#119 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Die laaste testament
#129 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Ver vorentoe, 'n lig
#134 Eerste Liefde

Eerste Liefde

Die wind sal getuig